|
Meetings Annual Show 2010 Events Study Group About Us Become a Member Contact Info The Team Booklet Links Other Societies Ont Focus Orchid Shop Archive Newsletter Ecuador Tour 20th WOC Singapore Gauteng Int Show
| |
July 2000
This Month ONT will focus
on: "Bespreking van aspekte rondom die bou van 'n kweekhuis"
Written By Mr. Martiens
Erasmus.
1.
BOU VAN ‘N KWEEKHUIS
Wat
is ‘n kweekhuis? Dit is enige
struktuur wat ‘n mens die geleentheid bied om die omstandighede waaronder
plante groei, te beheer. In sommige
kweekhuise is die moontlikheid van beheer gering.
In ander weer, is beheer so goed dat rekenaars gebruik word om die
omstandighede in die kweekhuis te kan beheer.
Wanneer
van ‘n kweekhuis gepraat word, sien meeste mense ‘n struktuur met glasmure
en glasdak waarin tropiese plante gekweek word.
‘n Kweekhuis kan egter heeltemal anders lyk - soos byvoorbeeld ‘n
struktuur oordek met skadudoek. Daar
is waarskynlik amper net so veel verskillende ontwerpe vir kweekhuise waarin
orgidee suksesvol gegroei kan word, as wat daar kwekers is.
Dit
is egter ‘n bewysde feit dat die meeste orgidee heeltemal goed sal groei in 'n
wye verskeidenheid akkomodasie. Nou
dat ons gestel het dat orgidee in enige kweekhuis sal groei, is daar ‘n
minimum voorgestelde grootte van ongeveer 10m3 of 110vt vloer oppervlak; dit is
2,4 x 3,7m of 9 x 12vt.
 |
i)
Probleme veroorsaak deur
temperatuurskommelinge word grootliks verhoog met 'n afname in
kweekhuisgrootte en dit word byna onmoontlik om die hoë somer temperature
te beheer wat karakteristiek is van ‘n klein kweekhuis.
|
 |
ii)
Onthou volgende : looparea tot
kweekarea verhouding kan 40% vir ‘n klein kweekhuis wees en verbeter na
25% met groter struktuur.
|
 |
iii)
Meeste kweekhuise se hoogste punt is
in die middel en dus geskik vir lang plante, maar hoe word dit bewerkstellig
as die loopareas juis in die middel van ‘n klein kweekhuis geleë is?
|
 |
iv)
Die aanbeveelde grootte moet byna
vierkantig wees, maksimale gebruik word so bewerkstellig naamlik 4,3m x 4,3m
= 18,m2 dus byna dubbel. Dubbel
in grootte verdubbel nie die verhittingskoste nie, slegs ‘n toename van
ongeveer 30%, die verhittingskoste per planteenheid word dus aansienlik
verminder.
|
2.
KLIMAAT IN ‘n KWEEKHUIS
Nadat
‘n kweekhuis opgerig is, word bevind dat slegs sekere plante in die kweekhuis
aard en dikwels nie eers die wat die persoon wil kweek nie.
Gelukkig is daar ongeveer net nege basiese groepe orgidee wat normaalweg
deur amateurs en kommersieële kwekers gekweek word en hoef ons onself nie te
bekommer oor al
die
ander soorte nie.
Die
orgideëfamilie is baie groot. Daar
is 32 000 spesies en baie genera wat groei van tropiese tot koue tundra gebiede.
Die
meeste literatuur oor die ontwerp en konstruksie van kweekhuise geskryf, is vir
Amerikaanse en Europese toestande. Die
boeke lê dus baie klem op isolasie om hitteverlies teen te werk, en op die
optimale gebruik van die beperkte hoeveelheid lig in die wintermaande.
In teenstelling daarmee het ons in Suid-Afrika meestal ‘n oormaat lig
en is oorverhitting een van ons grootste probleme.
In skaduhuise word nog ‘n verdere probleem van te lae humiditeit
ondervind. Ons kweekhuis ontwerp
moet dus klem lê op die verkoeling en die beperking van sonindringing wat
oorverhitting veroorsaak. Geringe
verhitting in die winter is wel meestal nodig.
Die
belangrikste klimaatsomstandighede wat ons gewoonlik met ‘n kweekhuis wil
aanpas is die volgende:
 |
i)
Lig
|
 |
ii)
Temperatuur
|
 |
iii)
Humiditeit
|
In
die volgende tabel word die vereiste van die belangrikste orgideëgroepe ten
opsigte van die drie aspekte aangegee:
 |
i)
Ligintensiteit 100 000 Lux
|
 |
ii)
Maksimum temp (in somer) 33°
|
 |
iii)
Minimum temp (in winter) 0°
|
 |
iv)
Relatiewe humiditeit 20-60%.
|
Indien
ons Cymbidiums wil kweek onder bostaande klimaatstoestande is dit slegs nodig om
ligintensiteit aan te pas. Vir binnelandstreke is die lugvogtigheid aan die lae
kant en moet die lugvogtighied ook aangepas word.
2.1.
SKADUHUIS
Die
gebruik van skadudoek verminder die ligintensiteit en gevolglik ook die maksimum
temperatuur. Verder dien die
skadudoek ook as beskerming teen wind wat weer tot gevolg het dat die minimum
temperatuur effens verhoog word. Daarteenoor
het skadudoek min invloed op die humiditeit en gevolglik sal die blomme van
plante so gekweek die gebrekkige humiditeit toon deurdat blomme kleiner is en
gewoonlik swakker vorm vertoon. 'n Missproeisisteem kan die tekortkoming regstel.
Skadudoek bied egter geen beskerming teen stof nie en die eerste paar reëndruppels
na die winter laat baie stofmerke op blomme.
‘n
Kweekhuis bied dus nie net klimaatsbeheer nie maar ook beskerming teen die
elemente; wind, reën, hael stof ens.
Indien ons Cattleyas, Vanda en Phalaenopsis ook wil kweek is dit nodig om die
ligintensiteit, humiditeit en temperatuur te beheer.
2.2.
BEHEERDE
KWEEKHUIS
Wanneer
die temperatuur ook beheer moet word, moet plante afgesny word van die
omgewingsklimaat en die temperatuur deur middel van verhitting of verkoeling
gereguleer word. Aangesien die
plante steeds baie lig moet kry, word die dak gewoonlik deurskynend gemaak.
Hierdie sonlig gaan gepaard met hitte - stralingshitte -
wat deur die deurskynende dak dring.
Hierdie stralingshitte word deur plante, mure tafels ens geabsorbeer en
teen ‘n langer golflengte uitgestraal. Deurskynende
dakmateriaal soos glas, glasvesel of plastiek is egter baie minder deursigtig
vir hitte met langer golflengte, en gevolglik word die hitte vasgevang in die
kweekhuis. Die temperatuur van ‘n
geseëlde kweekhuis kan tot maksimum van 50°
C styg. In die winter vind ons dat
die temperatuur slegs tot 28°
C styg en geen verkoeling benodig. Ons
vind dat ‘n bietjie verhitting in die nag nodig is.
Vir die amateur is elektrisiteit seker die maklikste en beheerbaarste.
3.
BOUMATERIALE
Dak:
Vir ‘n skaduhuis is skadudoek seker die
populêrste. Latte op ‘n raamwerk
kan geskik wees maar hou geen insekte ens. uit nie.
Kombinasie van UV-dekplastiek en skadudoek is meer effektief en hou ook
reën en stof uit met gevolglike beter beheer oor benatting van plante (hoeveel
en wanneer). Onthou dat ‘n
helling van 30° nodig is om te verhoed dat geen water of hael op die dak kan
saampak en die struktuur beskadig nie.
Vir ‘n kweekhuis word glasveselplate meer algemeen gebruik.
Kies die regte dikte (1,2 - 1,8 en 2,2 kg/m²) asook profiel en
skadufaktor vir jou doel. Moenie
gekleurde plate gebruik nie. Polikarbonaat
is deesdae teen kompeterende pryse beskikbaar, en het ‘n langer lewensduur.
Mure:
Soos reeds genoem is ‘n verskeidenheid
moontlikhede beskikbaar en die keuse van materiaal hang af van die omstandighede.
Bakstene, sementblokke, asbesplate en glasveselplate is voorbeelde wat
gebruik kan word.
Vloere:
Die vloer kan van grond wees, of in geheel
geplavei wees, of slegs die paadjies kan geplavei of van beton vervaardig word.
Die tussenruimtes kan met betonklip gevul word of die vloer kan in geheel
bedek word met dik plastiek en met betonklip gedek word.
(Dit help om humiditeit te verhoog.)
Banke:
Die banke kan van enige geskikte materiaal
vervaardig word. Die belangrikste vereiste is dat hulle gewig moet kan dra,
‘n redelike lewensduur het en lug deurlaat na die plante.
Behandelde latte, bevestig op ‘n behandelde houtraamwerk wat op sy
beurt op pilare van stene, staal of behandelde pale staan, word algemeen gebruik.
Gesweisde, gegalvaniseerde maasdraad op ‘n staal raamwerk word ook baie
algemeen gebruik. Teerpale moet vir ‘n voorafgaande periode blootgestel word
aan die son om te ontgas.
Die
verf van staalrame - 'n spesiale woord. Dit
is noodsaaklik om roeswerende middel wat deur ‘n chemiese reaksie werk, te
gebruik of nie-etsende onderlae soos sinkchromaat en met verflaag te bedek.
Verflae soos tweemengsel epoksieteer word nie maklik beskadig nie en het
‘n baie lang lewensduur.
4.
VERKOELING VAN DIE KWEEKHUIS
Verskeie
metodes kan gebruik word om ‘n kweekhuis te verkoel of oorverhitting te beperk.
Sommige metodes behels die beperking van hitte-indringing, ander maak van
natuurlike ventilasie gebruik terwyl nog ander meganies verkoel.
 |
4.1)
Metodes om indringing van hitte te beperk:
Die eerste en moontlik mees
voor die handliggende metode, is om skadu te gebruik. Die gebruik van
skadunet met die regte skadufaktor bo-oor die dakbedekking (laat verkieslik
'n 200mm spasie tussen skadunet en die dak) is meer doeltreffend as
verouderde verfmetode.
Daarmee saam gebruik glasvesel en ander plastiekmateriale, met ‘n reeds
ingeboude skadufaktor, eerder as om te verf. Die tweede metode om
hittindringing te beperk is om materiaal te gebruik wat hitte deurlating
beperk, byvoorbeeld deur die symure van die kweekhuis tot gewensde hoogte
met bakstene te bou (ook ‘n kostebesparing).
Verder is die hitteverlies in die winter ook laer en gevolglik is die
koste van verhitting ook minder.
‘n Derde metode is om die kweekhuis korrek te orienteer ten opsigte van
die son. Noord-Suid orientasie
bring geweldige hittelas in die somer, swak in die winter. Terwyl die son
vir 'n oos-wes orientasie in winter byna loodreg skyn en nooit in die somer
nie.'n Vierde metode van beperking is om ligdeurlaatbare dele
van die kweekhuis met ‘n lugkussing te voorsien.
Dit is die sogenaamde dubbellaag en vind toepassing in hitteverliese
sowel as hitte indringing teen te werk.
Dit kan ‘n verlaging van die maksimum temperatuur van 5°C.
Die spasie tussen die twee lae moet lugdig en ongeveer 100mm tussen
die lae wees.
|
 |
4.2)
Natuurlike ventilasie: Natuurlike
ventilasie maak gebruik van die feit dat warmlug opstyg en dus van onder af
met koel lug vervang kan word. ‘n
Klasieke kweekhuis het verstelbare ventilasie-opening in die dak en
ventilasie opening in symure naby die grond. Hierdie
metode van verkoeling werk die beste wanneer die dak relatief hoog is.
Deesdae is turbines ook beskikbaar wat deur warmlug aangedryf word en
baie effektief is.
|
 |
4.3)
Meganiese verkoeling: Meganiese
verkoeling kan net die natuurlike ventilasie aanhelp of daar kan van
verdampingsverkoeling gebruik gemaak word.
Verdamping-verkoeling kan onderverdeel word in metodes wat ‘n
negatiewe druk in die kweekhuis tot gevolg het (met baie hoë eise aan die
kweekhuis konstruksie) en metodes wat ‘n positiewe druk in die kweekhuis
tot gevolg het.
|
 |
4.4)
Slegs ventilasie: Warm lug kan by die
nok van die kweekhuis uitgesuig word. Teen
een lugruiling per minuut in die kweekhuis sal die temperatuur stabiliseer
teen 6°C
bo die omgewingstemperatuur. Die waaier kan ook onder in die kweekhuismuur
geplaas word en dan word lug van buite in die kweekhuis ingeblaas.
Gewoonlik sal meeste lug deur die beplande openinge in die nok
ontsnap.
|
 |
4.5)
Verdampingsverkoeling: Deur vog by die
lug te voeg wat die kweekhuis binnekom met meganiese ventilasie, kan die
humiditeit op die gewensde vlak gehou word, en kan die kweekhuis tot onder
die omgewingstemperatuur laat afkoel. Dan
word dit egter belangrik dat lug net by die punt waar vog bygevoeg word, die
kweekhuis binnekom.
|
 |
4.6)
Voor en nadele van uitsuig of inblaas: Wanneer
die lug in die kweekhuis baie droog is kan dit met hierdie metode
tot 7°C onder omgewingstemperatuur verkoel word.
Verdampingsverkoeling is nie effektief in streke waar temperatuur en
humiditeit reeds hoog is nie. Die
mees algemene metode wat gebruik word om verdampingsverkoeling te
bewerkstellig is om vars lug deur ‘n sogenaamde natmuur die kweekhuis te
laat binnekom. Vir elke 70
liter lug per sekonde wat uitgesuig word, moet een vierkante meter natmuur
verskaf word. Gewoonlik word
van 0,75 tot 1 lugruiling per minuut gebruik gemaak.
Die hoeveelheid water wat benodig is vir die natmuur is ongeveer 0,06
- 0,16 liter per sekonde per meter muurlengte. Vroeër was kooks en later
houtwol gebruik as materiaal vir die natmuur.Die materiale pak saam en sak
af wat groot openinge veroorsaak waar droëlug instroom.
Vandag word gegolfde sellulose en ander kunsvesel meestal gebruik.
Die grootste nadeel van die metode is faling van die elektriese krag
toevoer, die kweekhuis is dan "geslote" en die temperatuur styg
baie vinnig. Eenhede is egter beskikbaar waar die verdampingsverkoeler die
lug deur ‘n natmuur suig en dan in die kweekhuis blaas, die sg.
eenheidsverkoelers. Die kweekhuis is onder positiewe druk met gevolg dat
dakopeninge en ventilasieopeninge op die grond oopgelaat word.
Indien die krag sou faal,
kan natuurlike ventilasie keer dat die temperatuur te hoog styg.
Poli-etileenpype onder die banke kan gebruik word om lug egalig te
versprei, anders skep ons mikroklimate in die kweekhuis vir gemengde
kweekstelsels.
|
5.
Humiditeit
Inleidend
is dit nodig om daarop te wys dat suksesvolle kweek van die meeste genera soos
Cattleya, Vanda, Phalaenopsis en selfs Cymbidiums hoër lugvogtigheid nodig het
as wat die hoëveld en baie van die droër dele van die land beskikbaar het.
 |
5.1)
Verdampingverkoeling
verhoog die relatiewe humiditeit in
‘n kweekhuis tot aanvaarbare vlakke mits dit ‘n koelhuis is. Twee
metodes word algemeen toegepas nl. die sogenaamde natmuur metode, of
waterkombers wat met fyn sproeiers bewerkstelling word.
|
 |
5.2)
Nat vloere maak ook ‘n groot bydrae
tot lugvogtigheid. In die geval, kan nat gruis, of klip gebruik word of
groot bakke water onder plant tafels.
|
 |
5.3)
Missproeiers is sekerlik die mees
geslaagde metode om die lugvogtigheid te
verhoog, sonder dat die plante of groeimedium te nat gemaak word wat
wortel vrot tot gevolg het.
|
 |
i)
Baie duur stelsels met hoëdruk
waterpompe word gebruik met groot sukses.
|
 |
ii)
Lae druk stelsels (2-6 bar druk) werk
redelik goed, mits daarop gelet word dat groter druppels vorm, en plante nat
word. Om die probleem te oorbrug, installeer die misspuitkoppe hoog in die
dak regoor die loopgange.
|
 |
iii)
Draaiende skyf metode. Die metode werk
ook baie goed, alhoewel baie duur indien groot kweekhuise met baie eenhede
toegerus moet word. In beginsel is dit ‘n hoëdruk pomp wat water teen
‘n baie vinnige draaiende skyf spuit wat die water verstuif in klein
druppels. ‘n Waaier agter die
sisteem blaas die missproei in die gewensde rigting in die kweekhuis.
|
6.
Verhitting van die kweekhuis
Suksesvolle
en ekonomiese verhitting vereis dat die kweekhuis lugdig is en nie klein of
groot openinge het waardeur warm lug kan ontsnap nie.
 |
6.1)
Berekening van verhitting kapasiteit benodig.
|
i)
Bereken die totale oppervlak van die mure
en dak waardeur hitte uitgestraal word in veirkante voet aangedui as SA.
ii)
Bereken in grade Farnheit die maksimum
verhitting nodig op koudste nag van die jaar en dui aan as DR.
iii)
Derdens oorweeg die insulasie einskappe
van die deklaag op mure en dak,en dui aan as IF.
Die
volgende tabel vergelyk glas en veselglas met ‘n baksteen muur se uitstralings
einskappe.
Glas
1.5
Veselglas
1.2
Dubbel
glas
0.8
Die
hitte verlies kan as volg bereken word, SA x DR x IF =BTU per uur.
Verwantskap
met ‘n 1Kw elektriese verwarmer is 3413BTU word deur 1 Kw verwarmer
uitgestraal per uur.
 |
6.2)
Elektriese verhitting: Elektriese
verhitting is nie die mees ekonomiese stelsel nie maar wel die kleinste
kapitale uitleg. Baie eenvoudige termostatiese beheerstelsel word benodig om
die verhitter te bedryf.
|
 |
6.3)
Parafien branders
:
Die
stelsels werk baie goedkoper as elektriese stelsel en word ook met ‘n
termostaat beheer. Nadele van so ‘n stelsel is die hoë kapitale uitleg
vir so ‘n stelsel.
|
 |
6.4)
Steenkool branders:Dit is die mees
ekonomiese verhitting stelsel, soortgelyk aan die droërs wat vir tabak
gebuik word. Nadele van die stelsel is: Kan nie in rookvrye areas gebuik
word nie.Verdere nadeel is die hoë kapitale uitleg, en dit is ‘n baie
groot stelsel vir groot kweekhuise.
|
7.
Outomatiese beheer in die kweekhuis
Aktiewe
beheer bestaan uit:
 |
7.1)
Aanskakel van verwarming met ‘n
termostaat.
|
 |
7.2)
Aanskakel van verdampingsverkoeler met ‘n
termostaat wat die waaier, pomp en elektriese kraan aanskakel.
|
 |
7.3)
Oopmaak van ventilasie openinge met dempmotors,
of dempers wat pasief met temperatuur uitsetting oopmaak.
|
 |
7.4)
Aanskakel van besproeing van plante op sekere
dae en ander dae slegs loopgange en onder banke.
Outomatiese kunsmis toediening een of twee keer per week.
|
Posbus
9141178
Wingate
Park
Pretoria
0153
Back to Top!
| | |